As ‘n ma, wil ek die wEreld vir haar gee.
Maar my ouma…sy wou net haar asem gee.
Een dingetjie, wat groter en sterker en mooier is as enige iets wat ons van kan droom.
My ouma wou altyd net lewe totdat ek skool klaar maak,
lewe totdat ek deur universiteit is,
lewe totdat ek trou,
lewe totdat ek swanger is,
lewe totdat ek geboorte gee,
lewe totdat LASSIEĀ haar eerste verjaarsdag het
en toe wou sy net lewe om te sien dat ek ‘n sukses maak van my talente.
Totdat ek ouma weer sien…sal ek vir LASSIE wees dit wat ouma vir my was.



Reviews
There are no reviews yet.